1 Al die offisiere en Joganan en Jesanja seun van Hosaja en al die ander mense, onbelangrike en belangrike mense, het na die profeet Jeremia toe gekom
2 en hulle het vir hom gesê: “Ons vra asseblief, jy moet vir ons bid tot jou God die Here, bid vir ons wat nog lewe. Ons was baie mense, maar jy kan sien ons is nou min.
3 Jou God die Here moet vir ons sê waarnatoe ons moet gaan en wat ons moet doen.”
4 Die profeet Jeremia het vir hulle gesê: “Ek het gehoor wat julle vra. Goed, ek sal dit vra vir julle God die Here en ek sal vir julle alles sê wat die Here vir julle antwoord, ek sal alles sê wat Hy sê.”
5 Húlle antwoord toe vir Jeremia en sê: “Die Here moet die getuie wees. Hy hoor wat ons sê, en Hy sal doen wat Hy sê. As Hy jou na ons toe stuur en ons doen nie alles wat Hy sê nie, dan moet Hy ons straf.
6 Ons het jou gestuur na ons God die Here toe en ons sal doen wat Hy sê, dit maak nie saak of dit goed of sleg is nie. Ons weet dit sal goed gaan met ons as ons doen wat ons God die Here sê.”
7 Tien dae later het Jeremia gehoor die Here praat met hom.