5 Hulle het almal gevat wat oorgebly het, almal wat teruggekom het van die ander volke na wie toe hulle gevlug het en wat in Juda kom woon het.
6 Hulle het die mans gevat en die vroue en kinders en oumense, en die prinsesse en almal wat Nebusaradan, die hoof-offisier van die Galdeërs, by Gedalja laat bly het, en ook die profeet Jeremia en Baruk, seun van Nerija.
7 Hulle het na Egipte gegaan en by die stad Tagpanges aangekom. Hulle was nie gehoorsaam aan die Here nie.
8 In die stad Tagpanges het Jeremia gehoor die Here sê vir hom:
9 “Jy moet groot klippe neem en jy moet hulle wegsteek in die klei onder die baksteenvloer voor die gebou van die farao in Tagpanges. Die Judeërs moet sien wanneer jy dit doen.
10 Dan moet jy vir die Judeërs sê: Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Luister na My, Ek sal my dienaar koning Nebukadnesar van Babel laat kom en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek weggesteek het, en hy sal sy tent daar bo-op die klippe opslaan.
11 Hy sal kom en hy sal die mense van Egipte aanval. Party van hulle sal sterf van pes, hy sal party van hulle vang en wegvat, hy sal party van hulle doodmaak.