8 In die stad Tagpanges het Jeremia gehoor die Here sê vir hom:
9 “Jy moet groot klippe neem en jy moet hulle wegsteek in die klei onder die baksteenvloer voor die gebou van die farao in Tagpanges. Die Judeërs moet sien wanneer jy dit doen.
10 Dan moet jy vir die Judeërs sê: Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Luister na My, Ek sal my dienaar koning Nebukadnesar van Babel laat kom en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek weggesteek het, en hy sal sy tent daar bo-op die klippe opslaan.
11 Hy sal kom en hy sal die mense van Egipte aanval. Party van hulle sal sterf van pes, hy sal party van hulle vang en wegvat, hy sal party van hulle doodmaak.
12 En Ek sal ’n vuur aansteek in die tempels van die gode van Egipte. Nebukadnesar sal die tempels verbrand en hy sal die gode wegvat. Hy sal die mense van Egipte vang soos ’n skaapwagter luise in sy klere vang, en hy sal weggaan, niemand sal hom keer nie.
13 Nebukadnesar sal die klip-pale van die stad Bet-Semes in Egipte breek, en hy sal die tempels van die gode van Egipte verbrand.”