27 Ek is nou gereed om hulle te straf, nie om goed te doen aan hulle nie. Elke Judeër in die land Egipte sal sterf in oorlog of van honger, almal sal sterf.
28 Die Judeërs wat nie in die oorlog sterf nie en wat terugkom na die land Juda, sal min wees. Almal wat oorgebly het en wat na Egipte gekom het om hier vreemdelinge te wees, sal dan weet wie het die waarheid gepraat, Ek of hulle.“Die Here sê:
29 Ek sal julle straf op hierdie plek, sodat julle kan weet dat Ek met julle sal doen wat Ek sê, dit is seker. Ek gee vir julle hierdie teken:
30 Ek sal nie die farao Gofra, die koning van Egipte, help nie. Hy sal die oorlog verloor teen sy vyande wat hom wil doodmaak, soos Ek ook nie vir koning Sedekia van Juda gehelp het nie, hy het ook die oorlog verloor teen koning Nebukadnesar van Babel, sy vyand wat hom wou doodmaak.”