16 Hulle val oor mekaar en hulle sê:‘Jy moet opstaan, ons moet teruggaanna ons mense toe,na die plekke waar ons gebore is,weg van die swaarde van die vyandewat so baie van ons doodmaak.’
17 “Hulle het vir die farao, die koning van Egipte, ’n nuwe naam gegee. Die nuwe naam was: Die man wat gespog het, maar wat nie daar was toe hy oorlog moes maak nie.”
18 Die Koning praat.Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.Hy sê: “So seker soos Ek lewe,die vyande wat kom, is sterk,so sterk soos Tabor-berg wat tussen die berge is,soos Karmel-berg by die see.
19 Mense van Egipte, julle moetal julle goed vasbind,die vyande sal julle vang en wegvat.Hulle sal die stad Nof verwoes,daar sal nie meer mense woon nie.
20 Egipte is soos ’n mooi jong vers-kalf,maar daar kom ’n blindevlieg uit die noorde.
21 Egipte het soldate gehuur,en hulle was soos vet kalwers,maar hulle het ook omgedraai en gevlug,nie een soldaat het bly staan nie.Die dag het gekom, en hulle het bang geword,die tyd het gekom, die Here het hulle gestraf.
22 Egipte sal vlug, soos ’n slangwat blaas en wegseilwanneer die houtkappers in die bos kom.Die soldate van Babel kom om oorlog te maak,hulle kom soos houtkappers