3 Die farao het gesê:“Julle moet die skilde neemen kom oorlog maak,
4 julle moet die perde inspanen op die ryperde klim,julle moet gereedstaanmet helms op julle koppe,julle moet die spiese skerpmaaken harnasse aantrek.”
5 Die Here sê:“Ek sien soldate wat skrik en vlug.Party soldate sterf, ander soldate vlug,hulle staan nie stil nie,hulle draai nie om nie,die vyande is rondom hulle.
6 Die vinnige mannekan nie weghardloop nie,die soldate kan nie vry wegkom nie,hulle struikel en val by die Eufraat-rivierin die noorde.”
7 Wie is dit wat oor sy walle stroomsoos die Nyl-rivier,soos ’n groot rivier met water wat raas?
8 Dit is Egipte wat oor sy walle stroomsoos ’n groot rivier met water wat raas.Egipte sê: “Ek wil oor my walle stroom,ek wil die aarde toemaak.Ek wil al die stede verwoesen die mense doodmaak wat daar woon.
9 Perde, julle moet storm, oorlogkarre, julle moet wild jaag,die soldate moet uitgaan,die soldate uit die lande Kus en Put,die soldate wat elkeen ’n skild vashou,die soldate uit die land Lud,die soldate wat elkeen ’n boogvashou en styftrek.”