12 Die Here sê:“Daarom, die tyd kom noudat Ek mense na Moab sal stuurom sy mense weg te vaten sy stede te verwoes,soos wanneer mense wyn uitgooien die kruike leegmaak en stukkend slaan.
13 Die god Kemos sal nie vir Moabkan help nie.Die mense van Israel het ook gedinkdie god Bet-El sal vir hulle kan help,maar hy kon nie.
14 Mense van Moab, julle sê julle is soldateen julle is gereed om te veg,
15 maar die vyande het gekomen hulle sal Moab en sy stede verwoes,hulle sal Moab se beste jong soldate doodmaak.”Dit sê die Here, Hy is die Koning wat oor alles regeer.
16 “Die tyd kom vinnig wanneerdit sleg sal gaan met Moab,dit sal gou gebeur.
17 Julle almal rondom Moab,julle wat die land ken,julle moet jammer wees vir homen julle moet julle koppe skud,julle moet sê: ‘Moab hetoor ander volke regeer,baie mense het hom gedien,maar Moab se septer het gebreek.’
18 Mense van die stad Dibon,julle moet afklim van julle mooi stoele,julle moet op die grond in die stof gaan sit,want die mense het gekomwat julle stad sal verwoes,hulle het julle sterk mure afgebreek.