43 Die Here sê:“Mense van Moab, julle sal skrik en in vang-gate val,die vyande sal julle in vangnette vang.
44 Iemand wat skrik en vlug,sal in ’n vang-gat val,iemand wat uit ’n vang-gat klim,sal in ’n vangnet vassit,want Ek sal die tyd laat komwanneer Ek vir Moab sal straf.”Dit sê die Here.
45 Die mense wat vlug, staan indie skaduwee van die stad Gesbon,hulle het nie meer krag nie,want ’n vuur het uit Gesbon en Sihongekom en dit het die koppe verbrandvan die Moabiete wat so gespog het.
46 Moabiete, dit sal sleg gaan met julle,die vyande het die volk van Kemos oorwin,want hulle seuns en hulle dogtersis gevangenes,die vyande vat hulle weg.
47 Maar die Here sê: “Ek sal dit later weer goed laat gaan met die Moabiete.”Dit is wat die Here gesê het oor Moab.