9 Die mense van Moab moet vlug,ja, hulle moet gaan, dit is seker.Die stede van Moab sal leeg word,niemand sal daar woon nie.
10 Mense wat die werk van die Here moet doen,julle moet weet dat die Here julle sal strafas julle die werk nie goed doen nie.Hy sal julle straf as julle nie die mense doodmaakwat julle moet doodmaak nie.
11 Dit het altyd goed gegaanmet die mense van Moab,niemand het hulle gepla nie,hulle was so veiligsoos die fyn stof wat afsaken onder in ’n kruik oorblywanneer iemand die wyn in ’n ander kruik gooi.Vyande het nie die mense van Moabgevang en weggevat nie.Die mense van Moab het nie verander nie,hulle is soos die wyn wat nie verander het nie,dit smaak en ruik nog dieselfde.
12 Die Here sê:“Daarom, die tyd kom noudat Ek mense na Moab sal stuurom sy mense weg te vaten sy stede te verwoes,soos wanneer mense wyn uitgooien die kruike leegmaak en stukkend slaan.
13 Die god Kemos sal nie vir Moabkan help nie.Die mense van Israel het ook gedinkdie god Bet-El sal vir hulle kan help,maar hy kon nie.
14 Mense van Moab, julle sê julle is soldateen julle is gereed om te veg,
15 maar die vyande het gekomen hulle sal Moab en sy stede verwoes,hulle sal Moab se beste jong soldate doodmaak.”Dit sê die Here, Hy is die Koning wat oor alles regeer.