19 “Dit moet julle weet,soos die diere in ’n weiveld langs ’n waterstroomvlug wanneer ’n leeu uit die bosseby die Jordaan-rivier kom,so sal Ek die Edomiete skielik laat vlug uit hulle landen Ek sal iemand kies om oor die land te regeer.Want wie is soos Ek, en wie kan doen wat Ek doen?Watter koning kan téén My wees en aanhou lewe?
20 Daarom moet julle hoor wat die Herebesluit het oor Edom,julle moet hoor wat Hy wil doenmet die mense van die stad Teman.Die vyande sal hulle kinders wegsleep,dit is seker,hulle sal al die mense wegvatuit die woonplek van die Edomiete,dit is seker.
21 Die aarde sal skudwanneer die Edomiete val,die mense by die Riet-seesal hoor hoe skree die Edomiete.
22 Soos ’n arend opvlieg en afkomen sy vlerke oopmaak,so sal die vyande na die stad Bosra kom.“Daardie dag sal die soldate van Edom so bang wees soos ’n vrou wanneer haar baba gebore moet word.”
23 Die Here praat oor Damaskus. Hy sê:“Die mense van die stede Hamat en Arpadweet nie wat om te doen nie,want hulle het slegte nuus gekry.Hulle smelt weg, hulle gaan heen en weersoos die branders van die see wat nie stil word nie.
24 Die mense van die stad Damaskus kan niks doen nie,hulle het omgedraai en gevlug, hulle het groot geskrik.Hulle is so bang en hulle kry so seersoos ’n vrou wanneer haar baba gebore moet word.
25 Almal het gepraat oor die stad,en al die mense daar was so vrolik,maar daardie stad sal nou leeg word.”