30 Mense van Gasor, die Here sêjulle moet vlug,julle moet weghardloop,julle moet diep wegkruip,want koning Nebukadnesar het’n plan gemaak teen julle,hy wil iets doen teen julle.”
31 Die Here het vir Nebukadnesar gesê:“Julle moet gereedmaaken julle moet ’n volk gaan aanval wat dink hulle is veilig.Hulle stede het nie poortewat kan toesluit nie,en hulle woon alleen.
32 Julle kan hulle kamele vaten ook hulle baie skape en bokke.Ek sal hierdie mense wegjaagna al die kante toe,hierdie mense wat die kantevan hulle koppe kaal skeer.En Ek sal hulle laat bang wordvir almal wat daar verbyloop.”Dit sê die Here.
33 Gasor sal ’n plek wees vir jakkalse,daar sal nooit weer mense woon nie,nie een mens sal daar bly nie.
34 Die profeet Jeremia het gehoor die Here praat oor die land Elam. Dit was kort nadat Sedekia koning van Juda geword het.
35 Die Here wat oor alles regeer, sê:“Ek sal die pyl en boogvan die mense van Elam breek,Ek sal hulle beste soldate laat sterf.
36 Ek sal die winde laat waai oor die Elamiete,die winde uit die ooste, die weste,die noorde en die suide.Ek sal hulle wegjaag voor al hierdie winde,Ek sal hulle wegjaag na al die kante toe,daar sal by elke volk ’n paar Elamiete wees.