25 Die Here sê:“Babel, jy was die bergwat die hele aarde verwoes het,maar hier is Ek, en Ek is téén jou.Ek steek my hand uit teen jouen Ek stoot jou van die rotse afen Ek maak jou soos ’n berg wat verbrand is.
26 Mense sal nie by jou klippe kom vatom weer ’n muur te bou nie,daar sal nooit weer mense in jou woon nie.”Dit sê die Here.
27 Julle moet ’n vlag in die lug ophouoor die aarde,julle moet die ramshoring blaasvir die volke.Julle moet vir die ander volke sêhulle moet gereedmaakom oorlog te maak teen Babel,julle moet die mense van die lande Ararat,Minni en Askenas roep.Julle moet ’n offisier kies en aanstelom al die planne vir die oorlog te maak.Julle moet perde bymekaarmaak,so baie soos sprinkane.
28 Julle moet vir hierdie mense sêhulle moet gereedmaakom oorlog te maak teen Babel:die konings van die Mediërs,die goewerneurs, al die regeerders,en al die mense in die lande waaroorhulle regeer.
29 Die land Babel skud en bewe,want die dinge wat die Here besluit het,sal gebeur.Hy het besluit dat Babel ’n leë plek sal word,’n plek waar nie mense woon nie.
30 Die soldate van Babel het opgehou veg,hulle bly agter die mure,hulle het swak geword, hulle is soos vroue.Die vyande het die huise van die stadaan die brand gesteeken hulle het die poorte oopgebreek.
31 Mense hardloop almal,al die boodskappers bring vir die koning die nuusdat die vyande die stad oorwin heten heeltemal gevat het.