37 Babel sal ’n hoop klippe word,’n plek waar jakkalse bly.Mense sal bang word en fluit oor Babel,daar sal niemand woon nie.
38 Die mense van Babel sal brul soos leeus,
39 en wanneer hulle baie honger is,dan sal Ek hulle laat eet en drink.Ek sal hulle dronk maaksodat hulle vrolik word,en hulle sal aan die slaap raaken nooit weer wakker word nie.”Dit sê die Here.
40 Die Here sê:“Ek sal hulle soos ramme na die slagplek bring,soos skaap-ramme en bok-ramme.”
41 Almal op die aarde het gepraat oor Babel,maar vyande het die stad oorwin en gevat.Al die volke het geskrikoor wat met Babel gebeur het.
42 Die water het oor Babel gestroom,die branders het geraasen dit het bo-oor die stad gevloei.
43 Die vyande het die stede van Babel verwoes,die land is ’n droë woestyn,daar woon niemand nie,en nie een mens gaan daar verby nie.