58 Die Here wat oor alles regeer, sê:“Die vyande sal die breë muur van Babelheeltemal afbreeken hulle sal sy poorte verbrand.Baie mense het daar baie hard gewerk,maar dit het niks gehelp nie,alles wat hulle gebou het, sal verbrand.”
59 Seraja seun van Nerija seun van Magseja het saam met koning Sedekia van Juda na Babel gegaan. Dit was in die vierde jaar nadat Sedekia koning geword het. Seraja moes sorg dat die koning slaapplek het langs die pad. Die profeet Jeremia het vir Seraja gesê wat hy moet doen wanneer hy in Babel kom.
60 Jeremia het al die slegte dinge wat met Babel sal gebeur, in ’n boek geskryf, alles wat hier oor Babel geskryf is.
61 Jeremia het vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, dan moet jy na die stad kyk en jy moet al hierdie woorde lees,
62 en dan moet jy sê: ‘Here, U het gesê U wil hierdie plek verwoes sodat niemand hier sal woon nie, nie ’n mens of ’n dier nie. U het ook gesê dat die stad altyd leeg sal wees.’
63 “En wanneer jy hierdie boek klaar gelees het, dan moet jy ’n klip vasmaak aan die boek en jy moet dit in die Eufraat-rivier gooi.
64 Jy moet sê: ‘So sal Babel wegsink en nie weer opkom nie, omdat die Here dit sleg sal laat gaan met die stad. Mense het daar baie hard gewerk, maar dit het niks gehelp nie.’ ”Dit is die laaste woorde wat Jeremia gesê het.