31 Koning Ewil-Merodak het besluit om goed te wees vir koning Jojagin. Dit was in die sewe-en-dertigste jaar nadat koning Jojagin van Juda ’n gevangene geword het in Babel, in die eerste jaar nadat Ewil-Merodak koning van Babel geword het, in die twaalfde maand, op die vyf-en-twintigste dag van die maand. Koning Ewil-Merodak het toe vir koning Jojagin uit die tronk laat kom.
32 Ewil-Merodak het vriendelik gepraat met Jojagin en hy het hom laat sit op ’n belangriker plek as die ander konings wat by hom in Babel was.
33 Jojagin kon sy tronk-klere uittrek en hy kon by die koning van Babel se tafel eet totdat hy gesterf het.
34 Hy het elke dag kos en klere van die koning gekry, soveel soos hy nodig gehad het totdat hy gesterf het.