17 Jy sien self wat doen hulle in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem.
18 Die seuns kap hout en die pa’s maak vuur en die vroue knie deeg en bak koeke vir die koningin van die hemel. Hulle bring drank-offers vir ander gode om My ongelukkig te maak.
19 Maar dit is nie vir My wat hulle ongelukkig maak nie, hulle maak hulleself ongelukkig, dit is húlle wat sal swaarkry.”Dit sê die Here.
20 Daarom sê die Here: “Ek is kwaad en Ek sal almal en alles in hierdie plek straf: mense en diere, bome en plante. Dit sal wees soos ’n vuur wat aanhou brand.”
21 Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Dit sal beter wees as julle die vleis van julle brand-offers self eet saam met die vleis van julle ander offers.
22 Toe Ek julle voorvaders uit Egipte gebring het, het Ek nie gesê brand-offers en ander offers is die belangrikste nie.
23 Die belangrikste wat Ek vir hulle gesê het, is: Julle moet gehoorsaam wees aan My, dan sal Ek julle God wees en julle sal my volk wees. Julle moet altyd lewe soos Ek wil hê, dan sal dit goed gaan met julle.