1 Job het gesê:“Ek het naar geword oor my lewe,ek sal sê hoekom ek kla,ek sal praat en sê hoe bitter ek is.
2 Ek sal vir God sê:U moenie sê ek is skuldig nie,U moet vir my sê hoekom U myvoor U, die Regter, wil bring.
3 Dink U dit is reg dat U my verdruk?U self het my gemaak,maar U wys dat U dink ek is nie belangrik nie.Nee, U laat dit goed gaan met die plannevan mense wat verkeerd doen.
4 Het U mens-oë, kyk U soos mense kyk?
5 Is u lewe so kort soos mense se lewens,is u jare so min soos ’n mens se jare?
6 Hoekom probeer U kykwat ek verkeerd gedoen het,hoekom soek U sonde by my?
7 Is dit omdat U weet dat eknie verkeerd gedoen heten dat niemand my van U kan red nie?