16 Miskien sal dit my help,want ’n mens wat nie vir God wil dien nie,sal nie voor Hom kan kom nie.
17 Julle moet goed luister na wat ek praat,julle moet probeer verstaan wat ek sê.
18 Ja, ek het gereedgemaak om voor die Regter te staan,ek weet dat Hy sal sê ek is onskuldig.
19 As daar iemand is wat my kan beskuldig,dan sal ek stilbly, ek sal weet my lewe is verby.”
20 “O God, U moet twee dinge nie aan my doen nie,dan sal ek nie probeer om weg te kruip vir U nie.
21 U moenie my nog straf nieen U moenie vir my bangmaak vir U nie.
22 Dan kan U my roep, en ek sal antwoord.Of ek sal eerste praat, dan kan U my antwoord.