19 As daar iemand is wat my kan beskuldig,dan sal ek stilbly, ek sal weet my lewe is verby.”
20 “O God, U moet twee dinge nie aan my doen nie,dan sal ek nie probeer om weg te kruip vir U nie.
21 U moenie my nog straf nieen U moenie vir my bangmaak vir U nie.
22 Dan kan U my roep, en ek sal antwoord.Of ek sal eerste praat, dan kan U my antwoord.
23 Sê vir my, hoe baie is my sondes?Sê vir my wat het ek verkeerd gedoen.
24 Hoekom kyk U weg,hoekom dink U dat ek u vyand is?
25 Ek is soos ’n blaarwat afgewaai het van ’n boom,ek is soos droë kaf.Hoekom wil U my bangmaaken hoekom wil U my volg en jaag?