2 Ek weet ook die dinge wat julle weet,ek is so slim soos julle.
3 Maar ek wil praat met die Almagtige,ek wil hê dat God moet hoor wat ekvir Hom wil sê.
4 Want júlle hou aan om leuens te vertel,nie een van julle kan dit beter laat gaan met my nie.
5 Dit sal beter wees as julle stilbly,dan sal ’n mens kan dink dat julle wysheid het.
6 Julle moet asseblief luister na wat ek sê,julle moet probeer verstaan wat ek wil sê.
7 Julle mag nie verkeerde dinge sêen dan sê dat julle praat om vir Godte help nie.Julle mag nie leuens vertelen dink dat julle dit vir Hom doen nie.
8 Julle kan nie sê dat God reg isen dat ek nie reg is nie,julle kan nie vír Hom wees en téén my wees nie.