22 Dan kan U my roep, en ek sal antwoord.Of ek sal eerste praat, dan kan U my antwoord.
23 Sê vir my, hoe baie is my sondes?Sê vir my wat het ek verkeerd gedoen.
24 Hoekom kyk U weg,hoekom dink U dat ek u vyand is?
25 Ek is soos ’n blaarwat afgewaai het van ’n boom,ek is soos droë kaf.Hoekom wil U my bangmaaken hoekom wil U my volg en jaag?
26 Hoekom laat U my so baie swaar kry,hoekom onthou U nog die sondeswat ek gedoen het toe ek jonk was?
27 Dit is soos wanneer U my voetein ’n blok sit,dit is soos wanneer U kyk na elke treewat ek gee.
28 Ek is ’n mens wat sal sterfen sal verdwynsoos ’n ding wat vrot word,soos klere wanneer die motte dit vreet.