4 Wanneer ’n mens onrein is,dan is hy onrein, niemand kan dit verander nie.
5 Sy tyd om te lewe, is kort,net U weet hoe lank hy sal lewe.U het besluit hoe lank hy sal lewe,en hy sal nie langer leweas daardie tyd nie.
6 U moet wegkyk en U moet die mens lostotdat hy soos ’n dagloner klaar ismet die werk wat hy moet doen.
7 Wanneer iemand ’n boom afgekap het,dan kan ’n mens hoop dat die boomweer sal groei en nie sal doodgaan nie.
8 Sy wortels in die grond word oud,dit lyk of hulle droog en dood is,
9 maar wanneer die wortels water kry,dan groei die boom weer,hy kry nuwe takkies.
10 Maar ’n mens word swak, hy sterfen hy is nie meer daar nie.