16 Ek het baie gehuil en my oë is rooi,daar is swart kringe om my oë.
17 Ek het nie mense seergemaak nie,ek was altyd eerlik wanneer ek bid.”
18 “Aarde, jy moenie my bloed toemaakwat gevloei het nie,ek sal nie ophou om te skree en te vradat God my moet help nie.
19 Ja, dit gaan sleg met my,maar ek het ’n Getuie in die hemel,die Persoon wat vir my sal getuig,is in die hoë hemel.
20 My vriende spot my,my oë is vol trane,maar ek bid tot God.
21 Ek vra dat Hy self reg sal doen aan mysoos ’n mens dit vir sy vriend sal doen.
22 Want my lewe is amper verby,ek sal op my pad gaanen ek sal nie terugkom nie.