1 Bildad van die land Suag het weer gepraat. Hy het gesê:
2 “Hoe lank wil julle aanhou praat?Julle moet eers goed dink en dánmoet julle praat.
3 Hoekom hou Job aan om te maakof ons diere is?En hoekom dink hy dat ons dom is?
4 Job, jy is so kwaad dat jy jouselfwil stukkend skeur.Moet al die mense op die aarde verdwyn?Moet ’n rots wegskuif uit sy pleksodat jy tevrede kan wees?
5 Dit ís waar,die mens wat verkeerd doen, sterf,ja, sy lig gaan uit, sy vuur hou nie aanom te brand nie.
6 Dit word donker in sy tent, sy lamp gaan dood.
7 Die treë wat hy loop, was voorheen lank,maar dit word nou korter,hy besluit self wat hy wil doen, en daarom val hy.