4 Job, jy is so kwaad dat jy jouselfwil stukkend skeur.Moet al die mense op die aarde verdwyn?Moet ’n rots wegskuif uit sy pleksodat jy tevrede kan wees?
5 Dit ís waar,die mens wat verkeerd doen, sterf,ja, sy lig gaan uit, sy vuur hou nie aanom te brand nie.
6 Dit word donker in sy tent, sy lamp gaan dood.
7 Die treë wat hy loop, was voorheen lank,maar dit word nou korter,hy besluit self wat hy wil doen, en daarom val hy.
8 Sy voete bring hom in ’n vangnet,hy loop reguit in die net in.
9 Die net vang hom aan sy voet,dit gryp hom vas.
10 Hy sien nie die tou voor hom nie,hy sien nie die vangstrik op sy pad nie.