5 Dit ís waar,die mens wat verkeerd doen, sterf,ja, sy lig gaan uit, sy vuur hou nie aanom te brand nie.
6 Dit word donker in sy tent, sy lamp gaan dood.
7 Die treë wat hy loop, was voorheen lank,maar dit word nou korter,hy besluit self wat hy wil doen, en daarom val hy.
8 Sy voete bring hom in ’n vangnet,hy loop reguit in die net in.
9 Die net vang hom aan sy voet,dit gryp hom vas.
10 Hy sien nie die tou voor hom nie,hy sien nie die vangstrik op sy pad nie.
11 Daar is baie dinge wat hom laat skrik,dinge wat hom na al die kante toe jaag.