10 Maar Job het vir sy vrou gesê: “Jy praat nou soos ’n dwaas. Ons aanvaar die goeie dinge wat God vir ons gee, ons moet ook die slegte dinge aanvaar wat Hy vir ons gee.”Terwyl alles gebeur het, het Job niks verkeerd gesê nie.
11 Drie van Job se vriende het gehoor van die slegte dinge wat met hom gebeur het. Elkeen het van sy woonplek gekom, Elifas het van die land Teman gekom, Bildad van die land Suag en Sofar van die land Naäma. Hulle het saam besluit om vir Job te wys dat hulle jammer is vir Job, hulle wou hom troos.
12 Toe hulle nog ver van Job was en hulle sien hom, het hulle hom nie geken nie, Job het anders gelyk. Hulle het hard begin huil. Hulle het hulle klere geskeur en hulle het stof op hulle koppe gegooi.
13 Job se vriende het sewe dae en sewe nagte lank by Job op die grond gesit. Hulle het niks met hom gepraat nie, want hulle het gesien dat hy baie swaar kry.