4 Toe sê die Satan vir die Here: “Maar Job self is nog sterk en gesond. ’n Mens sal alles wat hy het, gee om te kan lewe.
5 Maar as U iets doen aan Job se liggaam, dan sal hy U vervloek, dit is seker.”
6 Die Here het vir die Satan gesê: “Jy mag doen met Job wat jy wil, maar jy mag hom nie doodmaak nie.”
7 Die Satan het weggegaan van die Here en hy het vir Job siek gemaak. Job het slegte sere aan sy hele liggaam gekry.
8 Job het ’n stuk van ’n kleipot geneem, hy het homself daarmee gekrap, en hy het op ’n ashoop gaan sit.
9 Sy vrou het vir hom gesê: “Hoekom hou jy aan om ’n goeie man te wees? Jy moet vir God vervloek. Dan kan jy sterf.”
10 Maar Job het vir sy vrou gesê: “Jy praat nou soos ’n dwaas. Ons aanvaar die goeie dinge wat God vir ons gee, ons moet ook die slegte dinge aanvaar wat Hy vir ons gee.”Terwyl alles gebeur het, het Job niks verkeerd gesê nie.