3 Dink jy die Almagtige moet bly weesomdat jy reg gelewe het?Of dink jy dit het Hom gehelpdat jy nooit verkeerd gedoen het nie?Nee.
4 Job, dink jy dat Hy jou straf omdat jyHom gedien het,dink jy dat Hy wil sê dit is hoekom jy skuldig is?
5 Nee, dit is omdat jy baie sleg gelewe het,jy het so baie sonde gedoendat ’n mens dit nie kan tel nie.Dít is hoekom Hy jou straf.
6 Ja, jy het jou eie mense se klere gevat,ook toe hulle niks vir jou geskuld het nie,jy het arm mense kaal laat loop.
7 Jy het nie water gegee vir mensewat moeg is nie,jy het nie kos gegeevir honger mense nie.
8 Al die grond behoortaan die man wat ryk en sterk is,en sy vriende woon daarop.
9 Jy het niks gegee vir weduwees nie,jy het weeskinders se goed gevat.