1 Job het weer gepraat. Hy het gesê:
2 “Ek is nog hardkoppig, ek wil aanhou kla,ek sal nie ophou nie.
3 As ek weet waar ek vir God kan kry,dan sal ek na Hom toe gaan waar Hy is.
4 Ek sal vir Hom vra om te luisterna wat ek sê,ek sal aanhou praat.
5 Ek sal luister na wat Hy vir my sêwanneer Hy my antwoord.
6 Hy sal nie met al sy krag téén mywees nie,ek is seker dat Hy sal luister na my.
7 Ek is ’n eerlike mens,ek sal met God praat en allesvir Hom vertel.God is my Regteren Hy sal my vir altyd vrymaak.