13 “Slegte mense hou nie van die lig nie,hulle wil nie hê dat mense moet sienwat hulle doen nie.
14 Die moordenaar staan opvoordat dit lig word,en hy vermoor mensewat hulleself nie kan help nie,hy vermoor arm menseen hy steel wanneer dit nag is.
15 Die persoon wat egbreuk wil pleeg,wag totdat dit donker word,hy dink niemand sal hom sien nieen hy sit ’n sluier oor sy gesig.
16 Diewe wat inbreek,werk in die donkeren hulle kruip weg in die dag,hulle wil nie die lig sien nie.
17 Vir daardie mense is die donkersoos die oggend,hulle weet hoe dit is om in die nagbang te wees.”
18 “Hierdie slegte mense is soos dingewat lig is en vinnig op die water wegdryf.God het hulle grond vervloek,niemand gaan werk in hulle wingerde nie.
19 Wanneer dit droog en warm is,dan smelt en verdwyn die sneeu.Dit is dieselfde met sondaars,hulle verdwyn in die doderyk.