1 Bildad van die land Suag het weer gepraat. Hy het gesê:
2 “God regeer, almal moetbang wees vir Hom,Hy gee vrede tot in sy hoë hemel.
3 Niemand kan tel hoe grootsy leërs is nie,sy son skyn oor al die mense.
4 Kan ’n mens regverdig wees voor God?Kan ’n mens onskuldig wees?Nee, hy kan nie onskuldig wees nie.
5 Die maan en die sterreis nie blink en helder genoegvir God nie.
6 ’n Mens kan ook nie regverdig wees nie,’n mens wat so onbelangrik is soos ’n wurm.”