1 Job het weer gepraat. Hy het vir Bildad gesê:
2 “Het jy probeer om my te helpomdat ek nie krag het nie?Wou jy my help omdat ek te swak isom self iets te doen?
3 Het jy probeer om vir my te sêwat ek moet doenomdat ek nie wysheid het nie?Jy het baie gepraat,soos iemand wat die ware wysheid het.
4 Wie het vir jou gesê wat jy moet sê,by wie het jy dit gehoor?”
5 “Die geeste bewe daar onder die water,die geeste van die mense wat gesterf het.
6 God sien wie in die doderyk is,niemand kan in die onderwêreldwegkruip vir Hom nie.
7 Niemand kon op die aarde woontoe God die hemeldak styfgetrek het nie.Daar was niks onder die aardetoe God die aarde opgehang het nie.