1 Job het weer begin praat. Hy het gesê:
2 “God het nie reg gedoen aan my nie,die Allerhoogste God het my laat swaarkry,Hy het my lewe bitter gemaak.Maar so seker soos God lewe,
3-4 ek sal niks sê wat verkeerd is nie,ek sal nie lieg nie,so lank soos ek lewe,so lank soos God vir my lewe gee.
5 Ek sal nooit kan sê dat julle reg is nie,ek sal aanhou sê dat ek onskuldig is,so lank soos ek lewe.
6 Ek sal aanhou sê dat ek reg gelewe het,ek sal nie anders praat nie.Ek sal nie jammer wees oor enige ietswat ek in my lewe gedoen het nie.”