2 “God het nie reg gedoen aan my nie,die Allerhoogste God het my laat swaarkry,Hy het my lewe bitter gemaak.Maar so seker soos God lewe,
3-4 ek sal niks sê wat verkeerd is nie,ek sal nie lieg nie,so lank soos ek lewe,so lank soos God vir my lewe gee.
5 Ek sal nooit kan sê dat julle reg is nie,ek sal aanhou sê dat ek onskuldig is,so lank soos ek lewe.
6 Ek sal aanhou sê dat ek reg gelewe het,ek sal nie anders praat nie.Ek sal nie jammer wees oor enige ietswat ek in my lewe gedoen het nie.”
7 “Ek bid dat dit met my vyande sal gaansoos met mense wat verkeerde dinge doen,ek bid dat dit met die mense wat téén my is,sal gaan soos met mense wat slegte dinge doen.
8 Want die mens wat nie vir God wil dien nie,kan nie hoop dat dit goed sal gaanwanneer hy moet sterf nie,hy kan niks hoop wanneer God homlaat sterf nie.
9 God sal nie luisterwanneer dit sleg begin gaanmet daardie mens,en wanneer hy skree en vradat God hom moet red nie.