13 Mense weet nie hoe kosbaar die wysheid is nie,en jy sal dit nie in hierdie wêreld kry nie.
14 Die diep water sê:‘Die wysheid is nie in my nie,’die see sê: ‘Die wysheid is nie by my nie.’
15 Jy kan nie wysheid koop nie,ook nie met goud nie,jy sal nie kan weeg hoeveel silwerdit sal kos nie.
16 Jy kan nie daarvoor betaal met goud uit Ofir,of met kosbare oniks en saffier nie.
17 Goud en glas sal nooit genoeg kan wees nie,jy kan nie wysheid ruil vir goue juwele nie.
18 En koraal of kristalsal ook nie genoeg wees nie,en ook nie pêrels nie,wysheid is baie meer kosbaar as dit alles.
19 Topaas uit die land Kusof die skoonste goudsal nie genoeg wees nie,jy kan nie daarmeebetaal vir wysheid nie.