2 Hulle haal yster uit die gronden hulle smelt koper uit klip.
3 Hulle maak lig waar dit donker is,hulle soek klippe oral waar hulle kan,hulle soek tot in die donkerste diep plekke.
4 Hulle grawe slote ver weg van waarmense woon,mense wat verbykom, weet nie van hulle nie,en waar hulle aan toue hang en swaai,is daar nie ander mense nie.
5 Kos groei uit die aarde bo hulle,maar onder die aarde verwoes hulle alles,dit lyk of daar ’n vuur was.
6 Daar is saffier in die rotse van die aardeen daar is goud in die stof.
7 Die arend ken nie daardie pad nie,en die valk sien dit nie.
8 Die trotse wilde diere loop nie daar nie,die leeu loop nie daar verby nie.