1 Job het weer begin praat. Hy het gesê:
2 “Ek wens ek was nog soos lank gelede,soos in die tyd toe God my beskerm het.
3 God het sy lig oor my laat skyn,en ek het geweet waar om te loopwanneer dit donker was.
4 Ek was toe jonk en sterk,en God was saam met my in my huis.
5 Die Almagtige was by my,en my kinders was rondom my.
6 Ek het lekker gelewe,daar was genoeg melk,meer as genoeg,en daar was strome olyf-olie.