10 Die belangrike mense hetopgehou praat en hulle hetnie weer iets gesê nie.”
11 “Mense wat my gehoor en gesien het,het my gelukgewens en hulle het goeie dingeoor my gesê.
12 Dit was omdat ek mense gered hetwat hulleself nie kon help nie,mense wat gevra het dat ek hulle moet help.En ek het ook weeskinders gehelpwat niemand gehad hetom hulle te help nie.
13 Mense wat naby die dood was, het my geseën,en weduwees was bly oor wat ek vir hulle gedoen het.
14 Ek het altyd reg gedoen aan almal,ek het dit elke dag gedoensoos ’n mens elke dag klere aantrek.
15 Ek het blinde mense geleien ek het mense wat kreupel is,gehelp om te loop.
16 Ek was soos ’n pa vir arm mense,ek het mense gehelp wanneer hullevoor die hof moes kom,mense wat ek nie geken het nie.