1 Ná die sewe dae het Job begin praat. Hy het die dag vervloek toe hy gebore is.
2 Job het gesê:
3 “Ek wens die dag was nooit daar nie,die dag toe ek gebore is.Ek wens die nag was nooit daar nie,die nag toe iemand gesê hetdaar is ’n seun gebore.
4 Ek wens daardie dag het donker gebly,God daarbo moes nie daardie dag vir my gegee het nie,daar moes nie lig geskyn het op daardie dag nie.
5 Daardie dag moes donker gebly het, baie donker,wolke moes dit toegemaak het,die son moes donker gebly het.
6 Daardie nag moes donker gebly het,dit moes nie een van die dae van die jaar geword het nie,dit moes nie een van die dae in ’n maand geword het nie.
7 Daardie nag moes die laaste nag gewees het,niemand moes toe bly gewees het nie.