15 Dan het ek geslaap en gerussaam met die belangrike mensewat goud en huise vol silwergehad het,
16 of ek sou glad nie daar gewees het nie,soos ’n baba wat doodgebore isen wat iemand weggesteek het,soos ’n kind wat nooit die lig gesien het nie.
17 Daar in die doderykkan die mense wat verkeerd doen,nie meer probleme maak nie,daar rus almal wat moeg is.
18 Daar kan die gevangenes rustigen stil wees,die voormanne raas nie meer met hulle nie.
19 Daar is kinders en grootmense saam,en slawe is daar vry van hulle eienaars.
20 Hoekom het God lig gegee vir iemandwat net swaarkry?Hoekom het Hy iemand laat lewewat altyd ongelukkig is,
21 iemand wat wens dat hy sterf,maar die dood kom nie?Hoekom laat God iemand lewe wat graag wil sterfen wat nie wil soek na kosbare goed nie,