4 Elihu wou nie dadelik met Job praat nie, want die drie vriende was ouer as hy.
5 Maar toe hy sien dat die drie vriende nie vir Job kan antwoord nie, het hy kwaad geword.
6 Elihu seun van Barakel, van die nageslag van Bus, het begin praat en hy het gesê:“Ek is jonk, en julle is oud,daarom het ek gewag, ek was bangom vir julle te sê wat ek weet.
7 Ek het gedink ouer mense moet eerste praat,want hulle weet wat wysheid is.
8 Maar nee, dit is die gees in ’n mens,die gees wat die Almagtige gee,wat ’n mens verstandig maak.
9 ’n Mens kry wysheid nie netomdat jy oud geword het nie,’n mens weet wat reg isnie net omdat jy ’n oumens is nie.
10 Daarom sê ek: Luister na my,ek wil ook sê wat ek weet.