5 Maar toe hy sien dat die drie vriende nie vir Job kan antwoord nie, het hy kwaad geword.
6 Elihu seun van Barakel, van die nageslag van Bus, het begin praat en hy het gesê:“Ek is jonk, en julle is oud,daarom het ek gewag, ek was bangom vir julle te sê wat ek weet.
7 Ek het gedink ouer mense moet eerste praat,want hulle weet wat wysheid is.
8 Maar nee, dit is die gees in ’n mens,die gees wat die Almagtige gee,wat ’n mens verstandig maak.
9 ’n Mens kry wysheid nie netomdat jy oud geword het nie,’n mens weet wat reg isnie net omdat jy ’n oumens is nie.
10 Daarom sê ek: Luister na my,ek wil ook sê wat ek weet.
11 Onthou, ek het gesê ek het gewagtotdat julle eerste gepraat het,ek het geluister na die slim dingewat julle gesê hetterwyl julle gesoek hetna die regte woorde.