1 Elihu het nóg gepraat en hy het gesê:
2 “Job, dink jy dit is regdat God moet sê jy is onskuldig?
3 Nee, jy vra vir God: ‘Wat sal U vir my doen?Help dit vir my dat ek nie sonde gedoen het nie?’
4 Ek sal jou antwoord,en ek sal ook jou vriende saammet jou antwoord.
5 Kyk op in die lug, kyk goed,kyk na die wolke hoog bokant jou.
6 As jy sonde gedoen het,wat kan dit aan God doen?As jy aangehou het om verkeerd te doen,wat doen dit aan Hom?
7 Of as jy nie verkeerd gedoen het nie,wat doen jy vir God, wat kry Hy van jou?