3 Nee, jy vra vir God: ‘Wat sal U vir my doen?Help dit vir my dat ek nie sonde gedoen het nie?’
4 Ek sal jou antwoord,en ek sal ook jou vriende saammet jou antwoord.
5 Kyk op in die lug, kyk goed,kyk na die wolke hoog bokant jou.
6 As jy sonde gedoen het,wat kan dit aan God doen?As jy aangehou het om verkeerd te doen,wat doen dit aan Hom?
7 Of as jy nie verkeerd gedoen het nie,wat doen jy vir God, wat kry Hy van jou?
8 Wanneer jy verkeerd doen,dan is dit ménse wat swaarkry,mense soos jy.En wanneer jy reg doen, dan doen jy dit aan ménse.
9 Wanneer iemand ander mense verdruk,dan skree hulle en hulle vra dat iemand moet help.Hulle roep en vra dat iemand hulle moet helpteen mense wat sterker is as hulle.