12 As hulle nie luister nie, dan sterf hulle,hulle sterf omdat hulle nie wou weetwat hulle moet doen nie.
13 God word nog meer kwaad vir mensewat nie vir Hom wil dien nie,vir mense wat nie tot Hom bidwanneer hulle gevangenes word nie.
14 Hierdie mense sterf gou,want hulle doen slegte dinge.
15 God laat mense swaarkrysodat Hy hulle kan red.Hy laat dit sleg gaan met hullesodat hulle gehoorsaam kan word.
16 Job, God sal jou help,jy sal nie meer swaarkry nie,dit sal weer baie goed gaan met jou,daar sal weer lekker kos op jou tafel wees.
17 Maar God straf jou swaar soos Hymense moet straf wat verkeerd doen,en jy moet tevrede wees wanneer Hyjou straf.
18 Jy is kwaad, maar jy moeniedaarom kies om verkeerd te doen nie.Jy moenie verkeerde dinge doenwanneer jy omkoopgeld kry nie.