27 Wanneer dit reën,dan word die droogste plekke nat,en gras begin daar groei.
28 Wie maak die reën en die dou?
29 Wie laat dit ys en ryp?
30 Dan word die water so hard soos klip,en dit ys op die groot see.”
31 “Kan jy die Sewe-ster vasbindof Orion se belt losmaak?
32 Kan jy die sterre op die regte tyd laat uitkom,kan jy die Beer en die ander sterre by hom lei?
33 Weet jy wat is die reëls wat Ekvir die sterre in die lug gegee het?Kan jy sê die aarde moet dieselfde doen?