17 ’n Volstruis lê haar eiers op die grond,sy broei hulle uit in die stof.
18 Sy dink nie daaraan dat wilde diereop die eiers kan trap en dit kan breek nie.
19 Sy is ’n wrede ma vir haar kleintjies,sy maak of hulle nie háár kleintjies is nie,sy is nie bekommerd as sydie eiers uitgebroei het,en as die kleintjies nie lewe nie.
20 God het nie vir haar wysheid gegee nie,Hy het haar nie verstandig gemaak nie.
21 Maar wanneer sy haar vlerke optelen sy hardloop, dan lag syvir die perd en vir die man watop hom ry.”
22 “Job, is dit jý wat vir die perdsy krag gee,sit jy die lang hare aan sy nek?
23 Het jy vir die perd geleerom te spring soos ’n sprinkaan?Almal word bang wanneer hy snork.