11 dan kan hy niks vang nie,dan gaan hy dood van die honger,en sy welpies loop oral rond.
12 “Ek het gehoor dat iemand sag praat,ek kon nie baie goed hoor wat hy sê nie.
13 Dit was toe ek gedroom het,toe almal vas geslaap het.
14 Ek het geskrik en ek hetbang geword,my hele liggaam het gebewe.
15 ’n Wind het oor my gewaai,die hare op my liggaamhet regop gestaan.
16 Daar het iemand gestaan,ek kon nie sien wie hy is nie,maar ek het gehoor dat hy sê:
17 ‘Sal God kan sê dat ’n mens reg lewe?Sal ’n mens onskuldig kan weesvoor die Een wat hom gemaak het?