2 “Job, jy sal miskien nie daarvan houdat ek vir jou iets probeer sê nie.Maar ek kan nie stilbly nie.
3 Luister na my, jy het vir baie mense geleerhoe hulle moet lewe,jy het mense wat moedeloos was,weer sterk gemaak,
4 Party mense wou val, maar jyhet hulle gehelp om regop te bly,jy het hulle sterk gemaak omaan te hou lewe.
5 Maar nou gaan dit sleg met jóú,en nou is jy moedeloos,nou gebeur dit met jou,en nou is jy bang.
6 Jy het altyd vir God gedien,jy was ’n goeie man,jy het heeltemal reg gelewe.Daarom moet jy nou hoopen weet dat dit weer beter sal gaan.
7 Dink ’n bietjie hieroor:Is daar iemand wat onskuldig wasen gesterf het?Is daar ’n eerlike menswat verdwyn het?
8 Ek sien dat dit sleg gaanmet die mense wat slegte dinge doen,ek sien dat die mense wat ander mensewil laat swaarkry, self swaarkry.